Pretville (Afrikaans)

seeders: 1
leechers: 0
Added on December 14, 2014 by Vosleoin Movies
Torrent verified.


Available in versions: MPEG-4

Pretville (Afrikaans) (Size: 1.38 GB)
 Pretville 2012.mp41.38 GB

Description

image


Pretville is Hartiwoord-films se splinternuwe Afrikaanse musiekrolprent. Die talentvolle rolprentspan wat vir die 2010-treffer Liefling, die Movie verantwoordelik was, vervaardigers Paul Kruger en Emma Kruger en medevervaardiger en regisseur Linda Korsten, het weer saam gespan om ’n speelse, prettige Afrikaanse musiekrolprent, wat in die vyftigerjare afspeel, te maak. In die klein maar opwindende dorp, Pretville, is enigiets moontlik en interessante dinge gebeur voortdurend in die dorpie.

Die internasionaal bekroonde komponis en liedjieskrywer, Machiel Roets, wat die afgelope 12 jaar in Londen as musiekregisseur vir pantomimes en musiekblyspele opgetree het, het amper 20 nuwe liedjies vir Pretville gekomponeer – liedjies wat tipies van die vyftigerjare is.

"Met Pretville probeer ons om die 50’s vas te vang juis omdat dit ’n era is wat grotendeels by ons verbygegaan het," sê regisseur Linda Korsten. "Hierdie rolprent is kleurvol en propvol pret, mooi musiek en danspassies. Die karakters sal vir jou soos ou bekendes voel, al ken jy hulle nie persoonlik nie. As jy eers in Pretville gaan kuier het, kan jy nie anders as om sielsgeluksalig te voel nie."


Die musiek wissel van rock ’n roll tot doo-wop en roep ’n era op wat deur sjarme en romanse gekenmerk is. Net soos die rolprente Grease en Hairspray is Pretville nie net kleurvol nie, maar ook stylvol. Die asemrowende kostuums en pragtige stelontwerp oortref enigiets wat nog ooit in ’n plaaslike rolprent gesien is. Die stel is in sy geheel uit niks uit by Hartebeespoort gebou en sluit ’n stadsaal, diner, haarsalon, motorhawe, begrafnisonderneming en ’n paar ander tipiese kleindorpse bakens in. Omdat Pretville in die vyftigerjare afspeel, kry die fliekgangers ook die geleentheid om hulle in ’n verskeidenheid antieke motors te verlustig.


"Ons gebruik van die beste akteurs en aktrises, die beste musiek en die mooiste antieke motors in hierdie rolprent," het vervaardiger Paul Kruger gesê. "Daar bestaan by my geen twyfel nie dat Pretville ’n besondere unieke en genotvolle prent gaan wees nie. Die dorpie wat ons gebou het, is regtig iets besonders en ons is vreeslik trots op dit wat ons kunsdepartement vermag het. Die produksiewaardes van die rolprent is net soos die geval was met Liefling, die Movie, van wêreldgehalte."


Die hoofrolle word vertolk deur Marlee van der Merwe (Liefling, die Movie), die nuweling Eugene Jensen en Marno van der Merwe (Longshot). Terence Bridgett speel die flambojante haarkapper en burgemeester van Pretville, Pierre Lukuveer. Ander bekende sterre wat in die rolprent optree, is Annette Engelbrecht, Lizz Meiring, Steve Hofmeyr, Rina Nienaber, Emo Adams, Margit Meyer-Rodenbeck, Willem Botha, Sanet Ackerman, Kevin Leo en Jakkie Louw, maar ’n handvol nuwe, jong talentvolle akteurs en aktrises maak ook hulle verskyning in die prent.


Pretville word deur Indigenous Film Distribution versprei en is volgens Helen Kuun, HUB van die maatskappy, nog ’n topgehalte prent in ’n reeks gehalterolprente wat die afgelope tyd vervaardig is. "Die fokus val op pret en plesier en hierdie opwindende rolprent sal die rolprentgangers inspireer om saam met die akteurs te sing. Dit is wonderlik om die vooruitgang te sien betreffende die gehalte en produksiewaardes van rolprente in Suid-Afrika, terwyl uitstekende Suid-Afrikaanse vermaak terselfdertyd geskep word."

Die klankbaan sal deur Coleske Artists uitgereik word.


Sharing Widget


Download torrent
1.38 GB
seeders:1
leechers:0
Pretville (Afrikaans)

Screenshots


Pretville (Afrikaans) screenshot
Pretville (Afrikaans) screenshot
Pretville (Afrikaans) screenshot
Pretville (Afrikaans) screenshot
Pretville (Afrikaans) screenshot
Pretville (Afrikaans) screenshot
Pretville (Afrikaans) screenshot